Wat Ons Bied

Ruimtes, begeleiding en prosesse om jou geloof te verdiep, jou karakter te vorm en jou te help leef in vryheid saam met Jesus.

Mentorskap

Begeleiding op jou geloofspad… vir jouself, jou verhouding, jou groep of jou gemeenskap.

Geestelike Begeleiding

’n Een-tot-een luisterreis saam met iemand wat jou help onderskei waar God in jou lewe aan die werk is.

Dis ’n pad wat jy nie alleen hoef te loop nie. Iemand stap saam met jou, luister met jou en help jou ontdek hoe geloof werklik kan vorm kry in jou daaglikse lewe.

Jou Huweliksreis

Huwelike is by uitstek die ruimte vir vorming en omvorming. Wanneer man en vrou verantwoordelikheid aanvaar vir hulle eie reis saam met Jesus en met hulleself raak die huwelik ’n plek van ontdekking en groei.

Kleingroep

Elkeen van ons moet die verantwoordelikheid aanvaar vir ons eie reis. Niemand kan egter bloot op sy eie reis nie. Ons het mekaar nodig. Ons het veilige ruimtes nodig. Ons het aanmoediging en verantwoordbaarheid nodig. Die Reis werk die beste in kleingroepe. Jy word uitgenooi!

Geloofsgemeenskap

Ondersteuning vir gemeentes en geloofsgemeenskappe wat geloofsvorming wil integreer in hulle kultuur, bedieningspraktyke en manier van saam wees.

Dis ’n proses van saam dink, leer en bou aan ruimtes waar geloof nie net geleer word nie, maar diep ingeoefen en beleef word, met Jesus in die middel van alles.

Word ’n Medereisiger

Toerusting vir individue wat ander wil begelei op die geloofsreis, hetsy in groepe of een-tot-een.

Dis ’n vormingspad waar jy leer hoe om ruimte te skep vir gesprek, stilte en groei, sodat geloofsvorming op ’n eerlike en ondersteunende manier saam met ander gedeel kan word.

Leer en Leef

Vormingshulpbronne wat jou geloof verdiep en versterk, vir jou eie reis of om saam met ander te deel.

Meditasie

Weeklikse teksgebaseerde meditasies in geskrewe formaat of as YouTube-video’s.

Elke meditasie nooi jou om stadig te lees, stil te word en te luister na wat die Gees wil sê. Nie net vir kennis nie, maar vir vorming en teenwoordigheid in jou dag.

Artikels

Gereelde artikels wat fokus op dissipelskap as ’n lewenslange geloofsvormende reis.

Die temas sluit aan by alledaagse vrae, struikelblokke en groei in jou verhouding met Jesus, jouself en ander. Jy lees nie net om te leer nie, maar om anders te leef.

Die Geloofsvorming-belofte

Retraites

Die Sentrum vir Geloofsvorming staan indiens van die groter geloofsgemeenskap. Dit wil gelowiges help op hulle eie geloofsvormende reis van dissipelskap gerig op diens in die samlewing.

Ons kan die Geloofsreis saamvat in die volgende kern aspekte:

Die herontdekking van Jesus Christus die Here as die hart van die Christelike geloof. Dit gaan oor Hom! Dit gaan oor Sy koninkryksevangelie

Selfkennis is wesenlik vir die reis: die eerstehandse leer leef met ons self. Godskennis en selfkennis is keersye van mekaar

Ons antwoord hierop is ‘n lewenslange reis van dissipelskap

Dissipelskap as ‘n geloofsvormde reis is gerig op diens in die samelewing

Dissipelskap word verstaan as n proses (reis) van karaktertransformasie om egte mense te word wat voluit lewe

Op hierdie pad het ons veilige, eerlike ruimtes nodig waar ons broos kan wees en in liefde verantwoordbaar gehou kan word

Die Geloofsreis het ʼn aanvanklike curriculum van 3 jaar waar kerkleiers op 4-dag retraites gaan, waar hulle in ʼn rustige omgewing begelei word om op verskillende vlakke te groei.

Geloofsreis Jaar 1

Retraite 1

Emosioneel gesonde spiritualiteit

Een die grootste struikelblokke vir ons lewe saam met God is ons gebrek aan selfkennis. In hierdie retraite ontdek ons ons emosionele ongesondheid aan die hand van die werk van Scazerro. Ons gee ook aandag aan die herontdekking van Jesus se evangelie: Ons het ons misgis met Jesus.

Geloofsreis Jaar 1

Retraite 2

Dissipelskap as Geloofsvorming

Dallas Willard help ons met ons eie geloofsvormende reis van Dissipelskap. Dissipelskap is ‘n “status” en geloofsvorming (karaktertransformasie) ‘n lewenslange proses.

Geloofsreis Jaar 2

Retraite 3

Die innerlike reis: Vals self vs Ware self

Groter emosionele heelheid van ons verwonding is van kardinale belang vir ons vorming en omvorming.

Geloofsreis Jaar 2

Retraite 4

Hoe vind karakter-transformasie plaas?

Dallas Willard in sy boek: “Renovation of the heart” help ons om dit beter te verstaan. Die Heilige Gees verander ons – maar nie onder narkose. Ons word aktief daarby ingeskakel. Ons kyk ook na die belang van geloofsgewoontes en ritmes.

Geloofsreis Jaar 3

Retraite 5

Die Heilige Gees en ons vorming

In hierdie retraite besin ons oor die rol van die Heilige Gees op ons reis.

Geloofsreis Jaar 3

Retraite 6

Refleksie en saamgesels

Hier word nagedink oor die implikasies van die Geloofsreis vir ons elkeen, die breër kerk, maar veral vir jou gemeente. ‘n Refleksie oor die 3-jaar asook saamgesels oor die praktiese implikasies van die Geloofsreis vir jou bediening.

Navrae kan gerig word aan Thea: info@geloofsvorming.co.za | 082 442 7694

Tyd vir stil word

Kom sluit aan by ‘n dissipelskapreis van geloofsvorming en karaktertransformasie.

Deur opeenvolgende retrait geleenthede van lering, persoonlike nadenke en gemeenskap met gelowiges, in ‘n omgewing van rus en stilte, word jy dieper geneem in jou verhouding met Jesus en jouself in afhanklikheid van die Heilige Gees.

Retraite 1

Ons het ons misgis met Jesus:

Hier val die klem op die herontdekking van Jesus, en Sy uitnodiging na egte menswees.

Wat behandel word:

Retraite 2

Leer leef met Jesus… en met myself:

Ons fokus op om ‘n meer eerstehandse leer leef met Jesus. Jesus ontsluit die Vader hart (Godsbeeld).

Wat behandel word:

Retraite 3

Jesus as leermeester vir ons ‘hele’ lewe:

Jesus se woorde is die grootste wysheid wat op hierdie planeet uitgespreek is. Ons begin om sy wysheid uit te pak. Ons kom in voeling met ons hart.

Wat behandel word:

Retraite 4

Die geheim  om te doen wat Jesus van ons vra:

Hier word ons gehelp om die woorde van Jesus vir ons te ontsluit. Ons kyk na die impak van gebeurtenisse op ons lewe.

Wat behandel word:

Retraite 5

Jesus nooi ons op ‘n reis na groter vryheid – “To live freely & lightly”:

Op die Reis na groter Vryheid leer ons om regtig te kan liefhê – “Net ‘n vry mens kan regtig lief hê.”

Wat behandel word:

Retraite 6

Jesus bring radikale karaktertransformasie (1):

Kan ek verander en hoe verander ek?

Wat behandel word:

Retraite 7

Jesus bring radikale karaktertransformasie (2):

Kan ek verander en hoe verander ek?

Wat behandel word:

Retraite 8

Die Heilige Gees en ons reis saam met Jesus:

Alles wat die Vader doen doen Hy deur die Seun. Alles wat die Seun doen doen Hy deur die Gees. Alles wat die Gees doen doen Hy deur mense.

Wat behandel word:

Retraite 9

Jesus stuur ons:

Ons is indiensgeneem deur Jesus as sy mede-werkers vir die koninkryk. Wat is my roeping?

Wat behandel word:

Navrae kan gerig word aan Thea: info@geloofsvorming.co.za | 082 442 7694

Jy Word Uitgenooi

Sonder Einde Retraite | Greyton

Ons retraite huis is gevestig in Greyton, ‘n juweel in die kroon van die Overberg streek, en lȇ versteek aan die voet van die Riviersondereinde bergreeks. Ons bied aan retraitegangers die kalm getye van ‘n plattelandse dorp en die natuurskoon van Greyton se natuurreservaat, die derde grootste reservaat in die Kaap. Verken gerus die menigte stap- en fietsryroetes en ontdek ‘n stadiger manier van lewe.

Ons nooi jou om te ontspan en deel te neem aan ons daaglikse ritmes.

Ons voorsien ook daagliks ‘n geleentheid vir Geestelike Begeleiding, van om en by 45 minute.

Laat weet gerus indien daar by jou ‘n spesifieke behoefte is. Ons sal graag daarvan kennis neem in die beplanning van jou retraite.

Navrae kan gerig word aan Thea: info@geloofsvorming.co.za | 082 442 7694

Getuienisse

Bespreek ’n sessie

Een-tot-een gesprekke vir wanneer jy voel jy het ruimte nodig om te verken of vrae te vra.

Of jy nie weet waar om te begin nie, of al op ’n pad is en net iemand soek om saam mee te dink, jy is welkom om ’n gesprek met een van ons spanlede te bespreek.

Geloofsvennote

Gesels saam, groei saam, aanlyn.

Top Verkopers

Bly in die kring

Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.

🔒Ons respekteer jou privaatheid, wat beteken dat ons jou inligting nooit aan enigiemand sal verkoop nie. 

0