Komende Kalender

Bly op hoogte van wat voorlê… retraites, geleenthede en stiltetye waar jy kan inskakel en saam reis.

Hier vind jy ons jongste kalenderinskrywings, belangrike datums en gebeure waarvoor jy kan registreer of meer kan uitvind.

Wat Lê Voor Vir 2025

Datum

11-14 Aug

Die Reis: Vir Kerkleiers

Noorde Hoogland/ Goudland

By Buffelspoort

Reis 4

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

25-28 Aug

Die Reis: Vir Kerkleiers

Kerk Sonder Mure

Pretoria, Gauteng

Reis 2

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

22-25 Sep

Die Reis: Vir Kerkleiers

Oos-Kaap

Reis 4

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

11-13 Jul

Die Reis: Vir Lidmate

Namibie Okahandja

Reis 4

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

1-3 Aug

Die Reis: Vir Lidmate

Wes Kaap – Goudini Spa

Reis 8

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

12-15 Sep

Die Reis: Vir Lidmate

Namibie Okahandja

Reis 5

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

15-17 Aug

Die Reis: Vir Lidmate

Buffelspoort

Reis 9

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

26-28 Sep

Die Reis: Vir Lidmate

Oos-Kaap, Uitenhage

Reis 4

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Datum

17-19 Oct

Die Reis: Vir Lidmate

Wes Kaap – Goudini Spa

Reis 9

Vir meer inligting klik op die knoppie hieronder en kontak ons direk: 

Getuienisse

Hoekom bestaan die Sentrum vir Geloofsvorming?

Ons moes eerlik kyk… en besef het dat daar iets ontbreek.

Die Sentrum vir Geloofsvorming het ontstaan uit jare se waarneming, gesprek en worsteling, en uiteindelik uit ’n diepe roeping. Ons het begin sien hoe baie gelowiges met dieselfde vrae, frustrasies en verlange leef, maar min veilige ruimtes vind om dié pad regtig te loop.

Baie van ons het mettertyd ’n versmalde beeld van Jesus gevorm, asof Hy net ’n Verlosser is, en nie ook ons Leermeester en Lewe self nie. Die verwondering oor Hom het plek gemaak vir ’n vae of selfs vervelige geloofsbelewenis. Die hart van die Christelike geloof, om eerstehands met Jesus te leef, het mettertyd begin verdof. Sy stem, Sy wysheid, Sy teenwoordigheid het in baie kerklike ruimtes stil geraak.

Ons weet dalk baie van geloof, maar daardie kennis bring nie noodwendig innerlike verandering nie. Ons leef maklik verby onsself, sonder selfkennis of emosionele volwassenheid, en dit beïnvloed elke verhouding. Intussen sit ons vas in gewoontes wat nie lewe gee nie, en ons weet nie altyd hoe om werklik te verander nie. Ware karaktertransformasie gebeur nie outomaties of onder verdowing nie. Dit vra bewustheid, begeleiding en ruimte om gevorm te word, geduldig, eerlik en saam met ander.

Daarom bestaan Geloofsvorming: om ’n ruimte te skep waar ons nie net glo nie, maar gevorm word, saam met Jesus, saam met mekaar. En jy’s welkom om saam op reis te kom.

Wie kan deelneem?

Enigeen wat hunker na ’n dieper pad saam met Jesus.

As jy ’n innerlike hunkering het om te groei, om werklik gevorm te word, en om met betekenis in die wêreld te leef, dan is jy welkom. Jy hoef nie alles uit te werk voor jy begin nie… jy hoef net bereid te wees om die eerste tree te gee. Ons is hier om jou te ondersteun op jou geloofsreis, in jou eie tempo, en met begrip vir waar jy is.

Hoe begin ek?

Dis eenvoudig om jou geloofsreis te begin.

Jy kan ons kontak deur enige van die opsies op ons kontakblad, of jy kan die bladsy Wat Ons Bied besoek vir praktiese riglyne, stappe en maniere om jou pad saam met Sentrum vir Geloofsvorming te begin. Ons help jou om sinvolle eerste treë te gee, sonder druk of ingewikkeldheid.

Gesels saam, groei saam, aanlyn.

Top Verkopers

Bly in die kring

Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.

🔒Ons respekteer jou privaatheid, wat beteken dat ons jou inligting nooit aan enigiemand sal verkoop nie. 

0