R80.00 Original price was: R80.00.R60.00Current price is: R60.00.
’n Geloofsvormingsgids vir die reis saam met Jesus. Hierdie praktiese boek sluit ’n 8-week groepstudie in en help jou begin leef vanuit die kernbeginsels van dissipelskap.
Eerste Uitgawe 2016
754 in stock
“Die Reis” nooi jou uit op ’n geloofsvormingspad wat jou help om dissipelskap nie net te verstaan nie, maar te begin leef. Dit is ’n gids vir enigiemand wat nuut wil kyk na die Christelike geloof, nie as ’n stel reëls nie, maar as ’n lewensreis saam met Jesus.
Die inhoud bied ’n helder oorsig van die belangrikste stasies op hierdie reis. Dit begin by Jesus se uitnodiging om Hom te volg, en lei tot ’n dieper verstaan van Sy Koninkryk en hoe dit ons daaglikse lewe transformeer.
Ingesluit is ’n 8-week studie gids wat kleingroepe of individue help om hierdie temas in gesprek, stilte en oefening te verken.
Hierdie is ’n sagte gids, maar ’n diep een, bedoel om stadig gelees te word, met tyd vir refleksie, gesprek en groei.
Bestellings word gewoonlik binne 7–10 dae verwerk.
Ons beleid is in beginsel geen terugsendings nie. Indien daar egter ’n probleem met die gehalte van ’n produk is, kontak ons binne 7 dae en ons sal dit saam met jou hanteer.
Voorwaardes vir enige moontlike terugsendings:
Die produk moet ongeskonde wees.
Dit moet in die oorspronklike verpakking wees.
Dit moet teen volprys gekoop wees (nie op afslag nie).
Dit moet binne 14 dae teruggestuur word.
Let wel: Koeriermaatskappye kan weier om ’n produk op te tel as dit nie behoorlik verpak is nie.
Hier is wat jy moet weet oor hoe jou bestelling werk:
Digitale produkte
Na betaling kry jy onmiddellik toegang tot jou digitale produk direk via jou rekening of deur ’n e-pos-skakel wat outomaties aan jou gestuur word.
Fisiese produkte
Afleweringsopsies
Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.
🔒Ons respekteer jou privaatheid, wat beteken dat ons jou inligting nooit aan enigiemand sal verkoop nie.
Reviews
There are no reviews yet.