Ons leef in ‘n nuwe uitdagende situasie in die RSA en wêreldwyd. Ons leef in ‘n oorgangstyd…Dit bring onsekerheid: ou oplossings help ons nie noodwendig meer nie. Dit is uitdagend: ons het nie noodwendig die antwoorde nie. Hierdie krisis is ook ‘n wonderlike geleentheid: ons sal oop moet wees vir ‘n nuwe geboorte van die kerk.
In die geboorteproses van die “nuwe” kerk is daar 2 uiters belangrike sake wat ons sal moet verreken.
Eerstens sal ons die evanglie wat Jesus kom verkondig het moet “herontdek”. Ek is bevrees ons het gaandeweg ‘n evangelie begin glo het wat ‘n radikale verskraling is van die evangelie wat Jesus kom verkondig het. Ek noem dit die drie-punt evangelie:
Hierdie evangelie draai bloot om Jesus as Verlosser en ons wat tot geloof moet kom sodat ons hemel toe kan gaan.
Die evangelie wat Jesus kom verkondig het is die evangelie van die koninkryk van God. Dit gaan daaroor: In Jesus het God se Koningsheerskappy aarde toe gekom. Dit gaan oor God se regering:
In Jesus is die koninkryk hier, want die Koning is hier! Dít is die evangelie wat Jesus kom verkondig het.
Een van NT Wright se boeke het die title: “How God became King” met as subtititel: “The forgotten story of the Gospels”. Daarin vra hy wat is die storie wat die evangelies wil vertel? Hiermee identifiseer Wright ‘n fundamentele probleem in die hart van die Christelike geloof en lewe, naamlik: Ons het vergeet waaroor die evangelies gaan. Waaroor gaan die evangelies? Ons lees gewoonlik die evangelies as verhale van Jesus se kruisiging en van ons verlossing.
Wright verduidelik dan in sy boek dat die eintlik in die evangelies gaan oor: Hoe God in Jesus koning word op aarde. Die evangelies vertel ons nie net van Jesus se geboorte en dan van sy sterwe nie, maar vertel ons heelwat van Jesus se lewe. En juis daarin sien ons hoe Jesus koning word op aarde, soos reeds in die hemel! Die koninkryk was besig om te kom terwyl Jesus melaatses aanraak, by sondaars eet, gelykenisse vertel, op ‘n donkie Jerusalem binne ry, die bergrede lewer, ens. Die koninkryk was natuurlik ook besig om te kom aan die kruis, met die opstanding, met hemelvaart, met pinkster. Die koninkryk kom natuurlik anders as wat ons dit verwag het…
Wanneer ons dít verstaan verander alles. Ons siening van Jesus, van wat Hy kom doen het, van waaroor Christenwees en ons lewe gaan, Alles verander.
Daarom moet Jesus se lering, sy woorde verstaan word as ‘n uitnodiging en uitdaging tot:
En dit is waaroor dissipelskap gaan:
Ons leer by Jesus hoe om te lewe.
‘n Nuwe kerk sal weer soos die vroeë kerk by Jesus moet leer om op ‘n vars nuwe manier op aarde te leef en só die lig vir die wereld te wees. Inderdaad om saam te leer om voluit mens te wees ter wille van die wêreld.
Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.
Teken in om gereeld inspirasie, geloofsgedagtes en nuus oor retraites, geleenthede en inhoud van Geloofsvorming te ontvang.
🔒Ons respekteer jou privaatheid, wat beteken dat ons jou inligting nooit aan enigiemand sal verkoop nie.