Ons leef in ‘n nuwe uitdagende situasie in die RSA en wêreldwyd. Ons leef in ‘n oorgangstyd…Dit bring onsekerheid: ou oplossings help ons nie noodwendig meer nie. Dit is uitdagend: ons het nie noodwendig die antwoorde nie. Hierdie krisis is ook ‘n wonderlike geleentheid: ons sal oop moet wees vir ‘n nuwe geboorte van die kerk.
In die geboorteproses van die “nuwe” kerk is daar 2 uiters belangrike sake wat ons sal moet verreken.
Eerstens sal ons die evanglie wat Jesus kom verkondig het moet “herontdek”. Ek is bevrees ons het gaandeweg ‘n evangelie begin glo het wat ‘n radikale verskraling is van die evangelie wat Jesus kom verkondig het. Ek noem dit die drie-punt evangelie:
- Jesus het aan die kruis gesterf
- Ons moet tot bekering, tot geloof kom
- Wanneer ons doodgaan gaan ons hemel toe.
Hierdie evangelie draai bloot om Jesus as Verlosser en ons wat tot geloof moet kom sodat ons hemel toe kan gaan.
Die evangelie wat Jesus kom verkondig het is die evangelie van die koninkryk van God. Dit gaan daaroor: In Jesus het God se Koningsheerskappy aarde toe gekom. Dit gaan oor God se regering:
It refers to the rule of heaven, that is, of God, being brought to bear in the present world. – NT Wright, The challenge of Jesus.
In Jesus is die koninkryk hier, want die Koning is hier! Dít is die evangelie wat Jesus kom verkondig het.
He preaches the gospel: tells us that God is alive, present, and savingly active in places where we are living and among people with whom we are living. There are implications, for the way we live, but only if we understand that the living reality that concerns us is God here and among us. – Eugene Peterson, The Jesus way
Een van NT Wright se boeke het die title: “How God became King” met as subtititel: “The forgotten story of the Gospels”. Daarin vra hy wat is die storie wat die evangelies wil vertel? Hiermee identifiseer Wright ‘n fundamentele probleem in die hart van die Christelike geloof en lewe, naamlik: Ons het vergeet waaroor die evangelies gaan. Waaroor gaan die evangelies? Ons lees gewoonlik die evangelies as verhale van Jesus se kruisiging en van ons verlossing.
Wright verduidelik dan in sy boek dat die eintlik in die evangelies gaan oor: Hoe God in Jesus koning word op aarde. Die evangelies vertel ons nie net van Jesus se geboorte en dan van sy sterwe nie, maar vertel ons heelwat van Jesus se lewe. En juis daarin sien ons hoe Jesus koning word op aarde, soos reeds in die hemel! Die koninkryk was besig om te kom terwyl Jesus melaatses aanraak, by sondaars eet, gelykenisse vertel, op ‘n donkie Jerusalem binne ry, die bergrede lewer, ens. Die koninkryk was natuurlik ook besig om te kom aan die kruis, met die opstanding, met hemelvaart, met pinkster. Die koninkryk kom natuurlik anders as wat ons dit verwag het…
Wanneer ons dít verstaan verander alles. Ons siening van Jesus, van wat Hy kom doen het, van waaroor Christenwees en ons lewe gaan, Alles verander.
If Christ is King, everything, quite literally, every thing and every one, has to re-imagined, re-configured, re-orientated to a way of life that consists in an obedient following of Jesus. – Eugene Peterson, The Jesus way
Daarom moet Jesus se lering, sy woorde verstaan word as ‘n uitnodiging en uitdaging tot:
…a whole new way of being human. – NT Wright, Simply Jesus
En dit is waaroor dissipelskap gaan:
to become fully human and fully alive. – David Benner, Soulful Spirituality
Ons leer by Jesus hoe om te lewe.
‘n Nuwe kerk sal weer soos die vroeë kerk by Jesus moet leer om op ‘n vars nuwe manier op aarde te leef en só die lig vir die wereld te wees. Inderdaad om saam te leer om voluit mens te wees ter wille van die wêreld.
The church is for discipleship and discipleship is for the world. – Dallas Willard