Jesus en Sy uitnodiging
tot egte menswees
Die hart van die Christelike geloof is Iemand – Jesus Christus die Here. Dit is opvallend om in die Bybel te lees dat wanneer Paulus oor Jesus praat dan is dit met – verwondering en aanbidding. Ek bespeur onder ons ‘n verveeldheid met Jesus…
Ek nooi jou uit om weer te besin waaroor gaan die
Christelike Geloof nou eintlik
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-1-400x700.jpg)
Jesus Christus het na die mensdom gekom en (kom steeds!) met ‘n vars uitnodiging: KOM!
Daarmee nooi Hy ons uit na egte menswees. Jesus nooi ons uit om ons lewe te leef onder sy gesag en Heer-skappy en in sy teenwoordigheid.
Die enigste manier waarop menslike lewe floreer is onder Sy gesag en in sy teenwoordigheid, maw in sy koninkryk.
Sy gesag is nie onderdrukkend nie, maar lewegewend. Jesus nooi ons op ‘n lewenslange reis – saam met Hom en agter Hom aan.
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-2.jpg)
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-3.jpg)
Die reis gaan deur verskillende seisoene: wonderlike lente en somertye, maar ook diep herfs en selfs wintertye.
Wintertye is tye van doodgaan, van sterwe. Maar winter is ook tye van nuwe geboorte wat uitmond in nuwe lente. Op die pad saam met Jesus word ons wintertye nie gespaar nie… Elkeen van ons reis op ons eie manier, maar nie op ons eie nie. Ons het mekaar nodig.
Ons het diep vriendskappe nodig waar ons veilig genoeg voel om eerlik en broos te wees.
Ruimtes waar ons nie veroordeel word nie, maar in liefde verantwoordbaar gehou word. Jesus leer ons op die reis om voor God en met God te lewe. Hy leer ons om Hom eerstehands te ken en eerstehands met Hom te lewe.
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-4.jpg)
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-5.jpg)
Jesus leer ons om eerstehands met Homself te lewe.
Op die reis leer Jesus ons om oop te gaan vir God, om voor God en met God te lewe. Hy nooi ons tot ‘n diepe vriendskapsverhouding mert Hom waarin ons Honm eerstehands leer ken en leer om eerstehands met Hom te lewe
Jesus leer ons ook om eerstehands met onsself te lewe.
Hy nooi ons op ‘n innerlike reis in ons eie gebrokenheid in. Hy ontmasker ons emosionele onvolwassenheid en ons verwonding. Nie om ons te beskaam nie. Hy maak egter die “materiaal” los vir transformasie.
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-6.jpg)
![Jesus genees blinde (004)](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2024/09/Jesus-genees-blinde-004-scaled.jpg)
Jesus nooi ons op ‘n innerlike reis van genesing en vryheid.
Jesus ontmasker ons om ons diep heel en vry te maak. Dit is ‘n lewenslange proses.
Op hierdie reis neem ons Jesus se woord ernstig op. Sy woorde is die grooste wysheid oor menslike lewe wat ooit uitgespreek is..
Sy woorde is egter nie bedoel om “probeer” te word nie, maar ingeoefen te word! Inoefening beteken ons gaan dit nie dadelik reg kry nie. Ons oefen net goed in wat ons nie dadelik kan regkry nie.
Jesus nooi ons in ‘n gimnasium in waar ons Sy woorde in die werklike lewe van elke dag inoefen. En wanneer ons dit nie regkry nie, is Hy nie daar met ‘n veroordelende wysvinger nie, maar met liefdevolle aanmoediging. Op die reis saam met Jesus en deur die inoefening van Sy woorde, word ons oor tyd heen radikaal innerlik omvorm.
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-7.jpg)
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-8.jpg)
Deur ons hele lewe word ons gevorm dikwels op destruktiewe maniere.
Jesus nooi ons uit op ‘n lewenslange reis van vorming en omvorming sodat Christus alhoemeer in ons gestalte kry – dat ons alhoemeer ‘n egte mens word wat voluit lewe. Ons is nie passief op hierdie reis nie. Die geloofsgewoontes bv lectio divina, afsonderinge en stilte, ens is ons aktiewe deelname aan die reis en Jesus se karaktertransformasie in ons lewens. Met die geloofsgewoontes kom gee ons, as die klei, in die hande van die Pottebakker om gevorm en omvorm te word.
Vanaf die eerste dag op hierdie reis gaan dit oor ons naaste, ons gemeenskappe waarin ons woon en werk.
Ons word nie in die eerste plek verlos vir die hemel nie, maar vir die aarde. Jesus neem ons in diens as mede-werkers vir die koninkryk om saam met Hom ‘n verskil te wees en te maak in ons wêreld. Die enigste manier waarop ons dit kan doen is deur diensknegleierskap. Leierskap gaan oor beïnvloeding. Alle mense is besig om ander te beïnvloed. Jesus nooi ons uit om deur ons eie menswording draers te wees van Sy lig in die wêreld. Jesus nooi jou op ‘n lewenslange reis van karaktertransformasie ter wille van die wêreld.
![](https://geloofsvorming.co.za/wp-content/uploads/2023/05/SvG-Ons-Passie-Section-9.jpg)