FaLang translation system by Faboba
Program vir innerlike

Transformasie

"Becoming a new kind of person"

Dallas Willard

Begeleiding

  • Gelowiges

    Begeleiding van gelowiges en predikante
    Begeleiding van Gelowiges is 'n drie-jaar program waartydens geinteresseerde geowiges twee keer per jaar vir min of meer ‘n week bymekaar kom om diepte aandag te gee aan hulle eie spiritualiteit en geloofsvorming.

    Die curriculum sluit die volgende in:
    • Begeleiding tot groter selfkennis wat  voortdurende innerlike transformasie bevorder.
    • Begeleiding tot innerlike genesing en heling as ‘n belangrike aspek van innerlike transformasie.
    • "Herontdekking” van Jesus om weer eerstehands saam met Hom te lewe (betekenis van dissipelskap).
    • Die koninkryk van God en geloofsvorming.
    • Toerusting aan Predikante om hul gemeentes te begelei in hul geloofsvormingsproses.
    Dit het mettertyd vir ons duidelik geword dat hierdie reis waarskynlik nie ‘n bepaalde eindpunt het nie aangesien dit ‘n deurlopende proses is van geloofsvorming en spirituele groei.

    Tot dusver was die getuienisse van predikante en gelowiges wie deel is van die reis, aangrypend. erskeie sinodes van die NG Kerk het intussen ingekoop in hierdie Geloofsreis.

    Die Here is werklik besig om gelowiges op ‘n diep vlak te ontmoet en te transformeer. 
  • Gemeentes

    Begeleiding van Gemeente programme
    Die individuele geloofsreis het aanleiding gegee tot 'n drie jaar plan om gemeentes te help op die pad van geloofsvorming.   Die geloofsvormingsreis vir gemeentes is ontwikkel om gemeentes te help op die pad van dissipelskap as geloofsvorming.  Dit gaan hier oor die inoefening van ‘n nuwe lewenswyse waarin dissiplines en geloofsgewoontes ‘n sleutelrol speel.

    Dit begin met ‘n 40-dae fokus met die nodige opvolgmateriaal vir die res van die program.   

    Die geloofsvormingsreis vir gemeentes konsentreer op dié vier aspekte:
    • Herontdekking van Jesus
    • Innerlike Transformasie
    • Groter Emosionele Gesondheid
    • Gestuurdheid
    Die opvolgmateriaal is daarop gemik om mense wie verder wil gaan met die inoefening van ‘n nuwe lewenswyse te begelei.  Daar is gemeentes wat die opvolgmateriaal as preekreeks en kleingroep materiaal gebruik.

Retrait

Individuele Retraits

Individuele retraits in Greyton waar gelowiges geloofsdissiplines kan inoefen om weer hul "mens-wees voor God" kan herontdek en bevestig.

  • Retrait

    Individuele Retraits

    Individuele retraits in Greyton waar gelowiges geloofsdissiplines kan inoefen om weer hul "mens-wees voor God" kan herontdek en bevestig.

Retraits

  • Individue

    Individuele Retrait

    Ons bied ook individuele Retraits aan by geskikte sentrums reg-oor die land waarin gelowiges in afsondering geloofsdissiplines kan inoefen, of sommer net weer kan "terugkeer" na innerlike gesondheid.

    Ons Retraits kan verpersoonlik word na behoefte, deur:

    • op jou eie
    • tesame met geestelike begeleiding

    Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

    Lees meer

  • Groepe

    Groep Retraits

    Ons bied ook Retrait programme by geskikte sentrums reg-oor die land, aan vir groepe.

    Kontak ons gerus vir meer besonderhede.

    Lees meer

Konferensies
Ons is beskikbaar vir leierskap en geloofsvormende konferensies.  Ons het al verskeie besighede begelei op sulke programme.

Lees meer

Pinksterreekse
Ons is ook beskikbaar om Pinksterreekse vir gemeentes aan te bied.

Kontak ons gerus...

Lees meer

Boeke
Ons stel verskeie boeke en materiaal beskikbaar as begeleiding op die pad van Geloofsvorming.

Sien ons "Materiaal" blad vir meer.

Lees meer

Save up to 45%

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand