FaLang translation system by Faboba

Oorsig

In ons Geloofsvormingsreis gaan dit oor die herontdekking van Jesus en om te leer om saam met Hom te lewe. Dit is in die saam-met-Hom-leer-lewe dat ons alhoemeer innerlik getransformeer word en ook leer wat dit beteken om as Sy gestuurdes te lewe.

Jesus se evangelie is die evangelie van die Koninkryk van God. Dit gaan in sy evangelie oor die Koningsheerskappy van God. In Jesus is die Koningsheerskappy van God nou hier op aarde. En met die opstanding breek hierdie werklikheid deur vir almal. Lewe onder die helende, bevrydende heerskappy van Jesus, die Here, is nou oop en beskikbaar vir almal. Dit is waaroor verlossing gaan. Ons word verlos van ons sondes SODAT ons onder die Koningsgheerskappy van Jesus kan lewe.

Dit is die nuwe wonderlike geleentheid wat nou sedert die opstanding oop is vir almal. Jesus nooi ons uit om ons aardse lewe te leef onder Sy heerskappy.
  • Ons het ons Misgis met Jesus
  • Die Reis
  • Jesus maak ons Nuut
  • Jesus stuur ons

Boeke & Materiaal

  • Die Reis

    Dissipelskap as 'n nuwe manier van lewe
    Hierdie boekie wil die reis van ‘n dissipel saam met Jesus op ‘n verstaanbare manier weergee.  Dit is nie net teorie nie.

    Die boekie is bedoel vir gewone mense om in die gewone lewe as dissipels in Jesus se Koninkryk te lewe. Dit lees maklik en nooi die leser uit om Jesus se uitnodiging om Hom te volg, te aanvaar. Om Jesus te volg, bring ook genesing van jou eie emosionele wonde.  Die Reis help jou om volledig mens te word en as ware mens diensbaar in die Koninkryk te lewe.
  • Ons het ons Misgis met Jesus

    Persoonlike Getuienis
    Hierdie boekie vertel die persoonlike geloofsvormende reis waardeur Gys van Schoor gegaan het en uitendelik tot die besef gekom het dat Jesus "baie meer" is as wat ons ons kan indink.

    Hierdie boekie vorm deel van die Geloofsvorming reeks.
  • Leer leef met Jesus

    Vir Kleingroepe
    Hierdie boekie vorm deel van die Geloofsvroming reeks.  Dit word deur baie gemeentes gebruik tydens die 40-dae reeks waarmee so 'n gemeentelike program afgeskop word.
  • Jesus maak ons heel

    Die innerlike reis
    Hierdie boekie word deur gemeentes in die tweede jaar gebruik as opvolgmateriaal op die geloofsreis.
  • Jesus stuur ons

    Om anders te leef...
    Hierdie boekie word in die derde jaar gebruik van n geloofsreis program.  Dissipelskap en geloofsvroming is altyd gerig op die wêreld.

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand