blog-09.jpg

Oordenking (19/04/2019)

Goeie Vrydag 2019

Waaroor gaan Goeie Vrydag?

In Luk 4:43 maak Jesus duidelik woorvoor Hy gekom het: “Ek moet ook aan ander dorpe die evangelie van die koninkryk van God verkondig, want daarvoor is ek gestuur.”

Die begrip “koninkryk van God” gaan oor God se aktiewe koningsheerskappy. In Jesus kom God se regering aarde toe. In Jesus kom die koninkryk, want Hy is die koning!

The “kingdom of heaven” is not about people going to heaven. It is about the rule of heaven coming to earth. When Matthew has Jesus talking about heaven’s kingdom, he means that heaven—in other words, the God of heaven—is establishing his sovereign rule not just in heaven, but on earth as well.
- NT Wright

Aan die kruis word Jesus gekroon as die Koning van hemel en aarde. Die kruis is die vreemde kroning van die vreemde Koning, Jesus.

Dít is hoe die koninkryk van God kom. Dit kom in die gestalte van ‘n dienskneg wat Sy lewe prysgee. Dit kom in liefde

The crucifixion was the shocking answer to the prayer that God’s kingdom would come on earth as in heaven.
- NT Wright

Goeie Vrydag het dus enome implikasies vir ons.

Veral op 2 vlakke

  1. Wie is Jesus?
    “If Christ is King, everything, quite literally, everything and everyone, has to re-imagined, re-configured, re-orientated to a way of life that consists in an obedient following of Jesus.”
    - Eugene Peterson

    Implikasie: Daar kan dus net EEN logiese reaksie wees –dissipelskap: “Volg My”
  2. Hoe is Jesus?
    Fil 2:6-8 Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

    Mar 10:45 Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

    Implikasie: Liefhê deur selfprygawe

Fil 2:5 Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

Fil 2:3 Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Fil 2:4 Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.

Inoefening: Hoe kan ek die mense wat vandag oor my pad kom dien met die Liefde?

What makes the temptation of power so seemingly irresistable?

Maybe it is that power offers an easy substitute for the hard task of love.

It seems easier ... to control people than to love people...

Henri Nouwen

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand