blog-nb.jpg

Jongste Nuusbrief

Nuusbrief - Januarie 2019

Die jaar het met ‘n spoed afgeskop! Daar lê opwindende dinge vir ons voor in 2019.

Januarie
20 Ek het die Sondag gepreek op Caledon. Hulle het begin met die 3 jaar reis vir gemeentes wat ons ontwikkel het. Meer as 70 gemeentes gebruik hierdie materiaal of het dit gebruik. Dit is wonderlik om die God-stories landwyd te hoor! Ek is besonder dankbaar dat ons hier in die Overberg met ‘n gemeente kon begin werk.
 22-24 Ek het vir 3 dae klas gegee op Stellenbosch. ‘n Kursus is ontwikkel vir die vernuwing van predikante se bediening. Ek bied een van die modules aan. Wat hier interessant is, is dat dit deur predikante en pastore van verskeie denominasies bygewoon is. Ek is dankbaar vir hoe Hy hier teenwoordig was en hulle geraak het. Daar kan miskien werk voortvloei na ander denominasies. Ek is oortuig dat ons die werk moet verruim na ander kerke. Ons is baie bly dat ons aan die einde van 2018 die 3 jaar Geloofsreis vir predikante na die Hervormde kerk kon neem.
 25-27 Wilgespruit gemeente in Johannesburg het ook besluit om op die 3 jaar reis vir gemeentes te gaan. Ek het Vrydagaand ‘n sessie met hul groepleiers en kategete gehad. Saterdagoggend was die dit die kerkraad se beurt. Sondagoggend het ek met die preek die gemeente se reis ingelei met die Die Reis boekie. Dit is inspirerend om te sien hoeveel entoesiasme daar is vir die reis. Wonderlik geseënd!!
Februarie
4-7 Geloofsreis 6 Goudland sinode.
 8-10  Constantiakruin. Werk met hul leierskap Vrydag en Saterdag en preek Sondag. Hulle is op hulle tweede 40 dae – Jesus maak ons heel.
11-14 Geloofsreis 4 Goudland en Oostelike sinode
18-21  Geloofsreis 1. Ons begin met ‘n nuwe groep in die Wes-Kaap.
25  Gee ‘n lesing by die inwyding van die NG kerk se nuwe Sentrum van spiritualiteit by Wellington.
25-28  Geloofsreis Wes-Kaap
Maart
4-7 Geloofsreis 2 Wes-Kaap
11-14 Geloofsreis 3a Wes-Kaap
April
8-11 Geloofsreis 2 Hervormde kerk
Mei
6-9 Geloofsreis 2b Wes-Kaap
10-12 Begin ‘n Geloofsreis vir lidmate op Greyton
17-19 Moontlike vroue Retraite
25-29 Pinkster Vryheid KZN
Junie
1-5 Pinkster Panorama
8-12 Pinkster Caledon

Tussendeur ontvang ons mense vir persoonlike retraites. Lg het in die laaste kwartaal van 2018 sterk toegeneem. Wat ‘n voorreg om mense te ontvang op hierdie pragtige plek!

Ons hou ‘n Geloofsvormingskonferensie: “Reflections on Spiritual Formation”, wat enigiemand kan bywoon in Greyton 16-20 September 2019. Dit sal voorafgegaan word deur ‘n naweek retraite (13-15 September)en dit sal ook afgesluit word met ‘n naweek retraite (20-22 September).  Ons gasspereker is Jan Johnson van die VSA. Sy is die persoon wat die Here in 2002 langs my gesit het (deur haar boek: “When the soul listens”) om my die pad uit die woestyn te wys. Sy het my ook aan Dallas Willard bekendgestel.
Ons is baie opgewonde hieroor!
Verdere inligting sal voor einde Februarie uitgestuur word.

Finansies

Ons finansiële ondersteuning bly steeds ‘n uitdaging…
Ons is nog opsoek na 20 mense wat elkeen R250 per maand kan bydra.

Seën en baie dankie vir jul ondersteuning! Gys en Thea van Schoor

Bankbesonderhede

CAPITEC
Sentrum vir Geloofsvorming
Spaarrekening 1612867764
Takkode: 470010

Voorsien asb. jou naam as verwysing en stuur besonderhede aan info@geloofsvorming, ons sal graag wil dankie sê.

Laai die Nuusbrief hier af in PDF formaat.

NOTA! Hierdie webwerf gebruik koekies en soortgelyke tegnologie.

Hiermee gee jy daartoe toestemming. Ons onderskryf alle wetgewing rakende die beskerming van Private Inligting. Learn more

I understand